Nuus - Jongste Nuus - Nog onwettiges gekry
Polisie- en reddingswerkers het nog agt onwettige mynwerkers, wat in ‘n uitgediende myn naby Welkom vasgekeer was, na die oppervlak gebring.Die polisie se kaptein Steven Thakeng sê dit bring die getal onwettige myners wat reeds by die Harmony Gold-myn gered is, op 18 te staan.Hy sê daar word vermoed dat nog vier werkers ondergronds vasgekeer is.




