Bank van Namibië stel Kitsbetalingsprojek bekend

Die Bank van Namibië het die Kitsbetalingsprojek bekendgestel, ‘n baanbrekersinisiatief om finansiële dienste regoor Namibië te revolusioneer. Met ‘n geteikende amptelike bekendstellingsjaar van 2025, beoog die projek om finansiële insluiting aansienlik te verbreed deur noodsaaklike en bekostigbare finansiële dienste aan almal te verskaf. Die projek het ten doel om ‘n Kitsbetalings-oplossing bekend te stel wat doeltreffend en onmiddellik toeganklik is. Die platform is ontwerp vir inklusiwiteit en kan op enige toestel verkry word, insluitend nie-slimfone. Dit verseker dat almal, van verkopers en taxibestuurders tot pensioenarisse en kleinsake-eienaars, dit moeiteloos kan gebruik. Tydens die bekendstelling het die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab die kritieke behoefte aan die projek uitgelig.