Voer-produksie kry knou weens leë Hardapdam

Die belangrike Hardapdam, waarop boere van die groenskema staatmaak, is tans net 12,3 persent vol. Boere by die besproeiingskema mag net 25 persent van hul lande besproei, maar kan so hul permanente gewasse behou. Kosmos 94.1 Nuus het met gepraat met Voermeester se hoof uitvoerende beampte , Jaco Labuschagne, oor hoe die beperking die produksie van voer sal affekteer.