Ware vriendskap is skaars soos hoendertande, selfs in Hollywood

Sukkel jy met vriendskappe? Wel, jy is nie alleen nie. In vandag se lewe is ware vriendskap skaars. Ek persoonlik kan my ware vriende op een hand tel: Smaak my in Hollywood is vriendskappe is net so skaars…
Angelina Jolie, Victoria Beckham en Selena Gomez is van die bekendes wat erken dat hulle geen goeie vriende het nie – as gevolg van hul roem.

Dit lyk asof Hollywood-sterre dit alles het: Geld, roem, toekennings – en aandag van aanhangers regoor die wêreld.

‘n Dieper kykie na die lewens van bekendes dui egter daarop dat hulle onder die oppervlak eintlik iets kort wat as noodsaaklik in die lewe beskou word: Hegte en betroubare vriendskappe.