Kabinet keur N$825 miljoen goed vir droogtehulp

Adjunk-inligtingminister Modestus Amutse het die jongste kabinetsbesluite bekendgemaak, en almal wat deur die droogte geraak word sal ‘n sug van verligting slaak. Die regering het die droogtehulp-ondersteuningsprogram verleng tot 31 Maart 2025, teen ‘n geraamde begroting van 825 miljoen Namibiese dollar. Dit sal uit die nasionale noodrampfonds kom. Hiervan sal 600 miljoen dollar gaan vir voedselhulp, en 25 miljoen dollar aan voorsiening vir saad en akkerbou. ‘n Honderd miljoen dollar is begroot vir die lewendehawe ondersteuningsprogram, en nog ‘n honderd miljoen vir waterverskaffing.