Handel tussen Namibië en China versterk

Onderhandelinge tussen Namibië en China vorder om Namibiese druiwe, diepsee-krappe en ander seekosprodukte na die Asiatiese land uit te voer. Sodra onderhandelinge tussen die twee lande gefinaliseer is oor die uitvoer van Namibiese skaapvleis na die Chinese mark sal die samesprekings oor die mariene produkte en druiwe ook begin. Hierdie stap dui op ‘n belowende toekoms vir bilaterale handel aangesien Namibië se  handelsbetrekkinge met China gestyg het, met bilaterale handelsvolumes wat in 2023, 24 miljard Namibiese Dollar oorskry het.