Nuwe Trans Kalahari Fiber roete bring voordele

Paratus Botswana het die laaste been van sy veselroete voltooi om die nuwe Botswana Kalahari Fiber roete te skep. Altesaam 840km vesel is tussen die Namibiese grens en Lobatse gelê en is einde Maart geaktiveer. Dit voltooi die laaste been van die Paratus-geboude Trans Kalahari Fiber roete, wat van Johannesburg na Swakopmund in Namibië loop. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Frederico Links, gepraat wat sê die internetverbindings sal positief wees vir beide lande.