Geen vordering in Brave Warriors v NFA

Die rusie tussen die Namibiese Sokkervereniging en die nasionale mans sokkerspan, die Brave Warriors, is steeds nie bygelê nie. Dit gaan oor die 15 miljoen Namibiese dollar wat die span na die Afrika-beker toernooi gekry het. ‘n Windhoekse regsfirma het ‘n dringende aanmaningsbrief aan die president van die Namibiese Sokkervereniging gerig omdat die spelers nog nie hulle regmatige aandeel van die geld gekry het nie. Hulle sou vandag van die sokkervereniging se prokureurs hoor. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Brave Warriors se prokureur, Kadhila Amoomo, wat sê dat die prokureur wat die sokkervereniging verteenwoordig, vir meer tyd gevra het.