IUM kap student oor bewerings op sosiale media

Namibië se International University of Management het sterk teruggekap na aantygings wat deur ‘n student op sosiale media gemaak is. Die student beweer die universiteit skuld haar 17 000 Namibiese dollar omdat sy by die koshuis uitgetrek het. Sy het ook die berugte aktivis Michael “Saddam” Amushelelo opdrag gegee om die universiteit te “ontbloot”. Die universiteit eis in ‘n prokureursbrief dat die student haar instruksie aan Amushelelo teen 30 Maart terugtrek. Sy moet ook haar sosiale media-plasings op dieselfde datum terugtrek. Die universiteit sê daar is gevind dat die student nooit haar koshuis-verblyf gekanselleer het nie, en dus nie terugbetaal kon word nie. Daar is verder gevind dat die student die universiteit 1 000 dollar skuld.