Eerste dame Mbumba takel ongelykhede

Die eerste dame, Sustjie Mbumba, het ‘n hoëvlak-rondetafelgesprek oor ongelykhede, MIV, TB, malaria en pandemies by Staatshuis aangebied. Tydens die opening van die bespreking het Mbumba die noodsaaklikheid van gelykheid onder burgers beklemtoon. Mbumba het ook die werk van haar voorganger, Monica Geingos, geloof. Geingos het deur die stig van die #BeFree Jeugkampus onderneem om teen ongelykhede te veg. Mbumba is aan die woord.