Landbou sê al sy noodverkrygingsinligting is beskikbaar

Volgens die Tender Bulletin kon dit na ‘n maand van pogings om onvolledige en ontbrekende inligting wat op die landbou-ministerie e-verkrygingsportaal geplaas is op te volg, nie daarin slaag om die identiteit van kontrakteurs of die waarde van toekennings vir 25 uit 48 sogenaamde noodboorgate te bekom nie. Hulle val onder agt tenders ter waarde van ‘n geraamde 32 miljoen Namibiese dollar wat uitgereik is deur die landbou-ministerie, wat blykbaar vanjaar altesaam 83 noodtenders uitgereik het waaroor niks bekend is nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jona Musheko, die ministerie se woordvoerder, wat sê die inligting is steeds by die ministerie en die ministerie kan gekontak word.

Die publikasie het na die ministerie uitgereik, maar het nog geen reaksie gekry nie.