Swapo-mobiliseerders kry opdrag om met kiesers te skakel

Swapo se visepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het die party se takkoördineerders en mobiliseerders opdrag gegee om nie die kiesers net in verkiesingsjare te betrek nie. Sy het vanoggend by die party se werkswinkel vir distrikskoördineerders, inligtings- en mobiliseringsbeamptes gepraat. Dit kom nadat ‘n inwoner van die Mix-nedersetting ‘n Swapo-takkoördineerder, Bonifatius Munango, sowat twee weke gelede geklap het. Die inwoner het gesê die party kom nie sy beloftes na nie en besoek die gebied slegs tydens sy verkiesingsveldtogte.