Hardap-opvangsgebied kry dalk goeie reën

Sou weervoorspellings hou, kan die opvangsgebied van die Hardapdam môre goeie neerslae ontvang. Die dam, wat tydens die laaste dambulletin op 11,7 persent gestaan het, is uiters belangrik vir die besproeiingskema. Vergaderings is die week tussen belanghebbendes en NamWater gehou en ‘n datum vir die sluiting van watervoorsiening aan die boere, moet binnekort bepaal word. Die Kam- en Kalfriviere voed die Visrivier wat in Hardapdam invloei. Die rivier is bekend dat hy uiters vinnig loop. Daar is ook hoop dat die kuile reeds vol is na Woensdag se neerslae, wat sal toelaat dat die dam vinniger invloei ontvang.