Mariental-inwoners juig, al was daar skade

Mariental-inwoner Jackie de Klerk, wat ook werksaam is by die Mariental-gholfklub, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die oorstromings Woensdagaand op die dorp. In tipiese Namibiese styl, is daar geen klagtes oor die oorstromings nie…

Intussen sê Dawie de Klerk van die besproeiingskema dat die Kamrivier by Gras wel loop maar moontlik nie sterk genoeg om Hardapdam te haal nie. Hy voeg by dit sal die kuile verder opvul en die rivierbedding natmaak wat sal help as daar opvolg reën is. Intussen het die vlakke by Oanob by Rehoboth gestyg tot 44,4 persent teenoor 42,3 persent Maandagoggend.