PEL 79 in Namibiese besit

Sintana het ‘n ooreenkoms met Crown Energy, ‘n privaat Namibiese maatskappy beklink en bekom nou 67 persent van Giraffe Energy Investments, wat ‘n 33 persent aandeel in PEL 79 besit, saam met Namcor. PEL 79 is in blokke 2815 en 2915, in ‘n gebied wat deur BW Energy, Rhino Resources, en Shell bedryf word. Namcor besit ‘n beduidende deel van die eksplorasie-gebied, 67 persent, maar het nie die bronne of kundigheid om te ontgin nie. Intussen sal die Kaapstad-gebaseerde Rhino Resources begin met boorwerk in sy 2814A-blok, net suid van die Kudu-gasveld.