Pluimvee-produsentevereniging staar uitdagings in die gesig

Die Pluimvee-produsentevereniging se jaarlikse ledevergadering en inligtingsdag is onlangs gehou. Pluimvee en pluimveeprodukte val nou onder die Wet op Lewendehawe en Veeprodukte; daarom het Beata Xulu van die Namibië Nasionale Boere-unie ‘n voorlegging gedoen oor die wet en die heffings wat in die Staatskoerant gepubliseer moet word. Die vereniging het ook Louis Kleynhans as die nuwe voorsitter en Eckhard Waldschmidt as ondervoorsitter verwelkom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rene Werner, die voormalige voorsitter, oor die uitdagings wat hulle in die gesig staar.