NHE lewer (net) 694 huise in vier jaar

Die minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, sê die Nasionale Behuisingsonderneming het sedert Julie 2020, dus amper vier jaar gelede, daarin geslaag om 694 huise te bou. Die raadsvoorsitter van die onderneming, Hassting Tjipeua, sê hulle poog om nog huise te voltooi om aan die agterstand tee voldoen. Die agterstand is 300 000 huise. Volgens Tjipeua is daar ‘n vyf-jaar strategiese plan om die tempo van voorsiening te verbeter.