NamPower kry 8% verhoging

Die Elektrisiteitsbeheerraad het ‘n 8 persent verhoging aan NamPower toegestaan. Die kragvoorsiener het gevra vir 14,59 persent omdat Eskom 13 persent ontvang het en NamPower voer 60 persent van die land se vraag na elektrisiteit in. Huishoudings sal op hulle beurt ook verhogings ervaar namate plaaslike owerhede hulle kragtariewe opstoot om vir die verhoging te betaal.