Lüderitz het blink toekoms: burgemeester

Met al die ontwikkeling wat in Lüderitz beplan word het die burgemeester die hoop dat die dorp die hoofstad van die Suide gaan word. President Nangolo Mbula het onlangs die dorp besoek en Hyphen Energy gaan belê in meteorologiese maste in en om die die dorp. Dit is bo en behalwe die olie- en gas-sektor se bedrywighede en nuus dat die hawe vergroot gaan word. Kosmos 94.1 Nuus het met Lüderitz burgemeesteer Phillippus Balhao gepraat, wat sê hy het baie hoop vir die dorp.