Houtskoolbedryf gaan van krag tot krag

Die Namibië Landbou-unie se nuutste kwartaallikse verslag berig dat die produksiewaarde van die houtskoolbedryf met 4,35 persent op ‘n jaarlikse basis toegeneem het. Hierdie styging word toegeskryf aan die hoër gemiddelde prys per ton ontvang in 2023, wat met 9,09 persent gegroei het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Michael Degé, die bestuurder van die Houtskoolprodusente Vereniging, vir kommentaar en siende dat die vierde Julie op pad is, of hulle houtskool na Amerika gaan stuur.