ErongoRed verklaar dividende van N$10,2 miljoen

Die Erongo Streekselektrisiteitsverspreider, of ErongoRed, het sy besluit aangekondig om dividende vir sy aandeelhouers te verklaar. Die aankondiging is in Walvisbaai gedoen deur ErongoRed se uitvoerende hoof, Immanuel !Hanabeb. Hy sê die maatskappy se verbeterde finansiële posisie het hom in staat gestel om dividende ter waarde van 10,2 miljoen Namibiese dollar te verklaar. Die besluit is in Februarie op die maatskappy se algemene jaarvergadering op Swakopmund geneem. !Hanabeb is aan die woord.