Otjozondjupa se ambulans-terkorte is kritiek

Die Otjozondjupa-streek se gesondheidsdirekteur, Gebhardo Timotheus, sê die streek se tekort aan ambulanse het ‘n krisisvlak bereik. Al die vier ambulanse wat by groot staatshospitale by Otjiwarongo, Grootfontein, Okahandja en Okakarara gestasioneer is, is onklaar. Die meeste het 500 000 kilometer op die klok wat ‘n risiko vir pasiënte en bestuurders inhou. Ongeveer 90 persent van die direktoraat se begroting sedert 2022 is op instandhouding en herstel van die ambulanse bestee.