skakel-081966
 
top20btn

 Mense in die binneland kan maar solank hul verwarmers , truie en winterkomberse uithaal .

Sneeu word oor hoogliggende gebiede in die Wes- en Noord-Kaap voorspel en die kouefront sal teen Donderdag tot laer temperature in dele van die land lei.

'n Nadoodse ondersoek sal vandag gedoen word op die drie verbrande liggame wat gister in 'n veld in Centurion naby Pretoria aangetref is.

'n Veiligheidswag van die nabygeleë Copperleaf-golflandgoed het op die liggame afgekom toe hy gaan ondersoek instel het na 'n brand.

Die Pink Ladies-organisasie sê 'n 57-jarige man, 'n 47-jarige vrou en 'n 23-jarige vrou is  Sondag as vermis aangemeld nadat hulle in, Northcliff Johannesburg ontvoer is.

Net sowat 30 persent  van die rekeninge wat na Gauteng se motoriste gestuur is wat sy tolpaaie gebruik het, is die afgelope jaar betaal.

David Ross van die DA wou van die departement van vervoerweet hoeveel van die rekeninge wat van April 2015 tot Maart 2017 uitgestuur is,  betaal is.

Dit blyk dat  van die een-komma-agt  miljard rekeninge wat uitgereik is in die 24 maande een-komma-drie miljardof te wel ongeveer 70 persent  nie betaal is nie.

Die name is bekend gemaak van twee van die drie mans wat Saterdagaand deur die Britse polisie doodgeskiet is nadat hulle eers met ‘n voertuig tussen voetgangers in Londen vasgejaag en daarna mense in kroeë en restaurante met messe aangeval het.Die  27-jarige Khuram Butt was  ‘n Pakistanse man wat aan die polisie bekend was terwyl die 30-jarige Rachid Redouane van Libies/ Marokkaanse afkoms was.Sewe mense is dood in die terreuraanvalle terwyl tientalle ander beseer is.

President Hage Geingob sê baie moet nog gedoen word om te verseker dat die VSA sy handelsanksies teen Kuba heeltemal ophef. Hy het by die vyfde driedaagse Afrikakonferensie in eensgesindheid met Kuba in Windhoek ’n beroep op Namibiërs en die hele vasteland gedoen vir ’n eendragtige strategie met steun aan Kuba.

Die DA gaan vandag  die hooggeregshof in Pretoria nader om te keer  dat die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Brian Molefe, na die kragvoorsiener terugkeer hangende die uitslag van sy aansoek in die Arbeidshof.Molefe se heraanstelling by Eskom is Vrydag nietig verklaar en hy het die naweek met regstappe begin teen die besluit van Eskom en die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown.Die DA verlang ‘n  onderneming van Molefe  dat hy nie enige van Eskom se sakebyeenkomste sal  bywoon nie.

Wes-Kaapse rampbestuurspanne is oorgehaal om grootskaalse skade, vloede en verkeersknope te hanteer wanneer ’n hewige storm die Kaapse Skiereiland en die res van die provinsie van vanaand af  sal tref.Swaar reën van 50 millimeter binne ’n 24 uur-tydperk word deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel.Sneeu word reeds Woensdag verwag, maar die meeste sneeu gaan Donderdag in die hoogliggende gebiede van die Wes- en Noord-Kaap val.n Stormsterk wind van 65 kilometer  tot 90 kilometer per uur word van môre af aan die suidwestelike kusgebied en Donderdag aan die suidkus verwag.

Die Valke het bevestig dat hulle met 'n ondersoek begin het na duisende uitgelekte e-posse wat verband hou met onbehoorlike transaksies tussen die Gupta-familie en regeringslui.Die eenheid sal  onder meer die egtheid van die e-posse vasstel asook hoe dit uitgelek het.Die Gupta-familie het ontken dat hulle enigiets verkeerd gedoen het.

  Die president van Agri Noord-Kaap, Henk van Wyk van Calvinia, sê boere in die droogtegeteisterde westelike dele van die provinsie hoop dat goeie reën later die week sal uitsak nadat die afgelope naweek se kouefront niks opgelewer het nie.

Hy sê die wêreld is uiters dor, veldtoestande is kritiek en die boere trek baie swaar.

Van Wyk sê voer is ook baie duur en boere se moraal is laag.

 Die Wêreldbank is nou meer positief oor die toekoms en voorspel vanjaar ekonomiese groei van twee-komma-sewe persent, en twee-komma-nege persent in 2018.

Die bank het egter sy skatting vir die Suid-Afrikaanse ekonomie in sy jongste verslag verlaag en sê dit sal nie veel verbetering toon met ‘n nul-komma ses persent groei in 2017 en een-komma-een persent in 2018 nie.

Dié syfers toon ‘n donkerder prentjie as die Suid-Afrikaanse Reserwebank se jongste ekonomiese projeksies.

Suid-Afrika se onder-20-span het Georgië in die Junior Wêreldtoernooi in Tbilisi, Georgië, met 38-14 geklop nadat die telling ná sowat 35 minute nog sewe-elk was.Die Junior Springbokke, wat rustyd met 19-7 voorgeloop het, het ses drieë gedruk teenoor die twee van die tuisspan.Die losvoorspeler, Zain Davids is kort voor die einde van die wedstryd met ’n rooikaart van die veld af gestuur vir ‘n kopstamp.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • m+z-group.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
  • spec-savers.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na