skakel-081966
 
top20btn

Die ministerie van landbou is tans besig om plaagdoders te registreer om  kommandowurm te bestry indien die plaag van Sentraal-Amerika positief in Suid-Afrikaanse mielielande geïdentifiseer word.Daar heers kommer omdat daar tans geen plaagdoders teen kommandowurm in Suid-Afrika geregistreer is nie.Die wurm het reeds mieliegewasse in Zambië, Zimbabwe en Malawi besmet.

Die voorsitter van AngloGold Ashanti en sameroeper van die Save South Africa-veldtog, Sipho Pityana,, sê as die ANC toelaat dat pres. Jacob Zuma die nasionale tesourie oorneem, sal staatskaping nie meer net ’n Zuma-projek wees nie, maar ’n ANC-projek.Hy het gister die Kaapse Persklub toegespreek in die aanloop tot Zuma se 2017-staatsrede aanstaande Donderdag.Hy sê as Zuma die tesourie oorneem, sal dit-in sy woorde- ’n reuse-aanklag teen die hele ANC wees.

Altesame 368 mense is dood en meer as ‘n duisend gevalle is bevestig sedert die eerste geval van die H7N9-griep in 2013 in Sjina uitgebreek het.

Netcare –reisklinieke se dokter Pete Vincent sê mense moenie vleis van voëls eet wat nie behoorlik gaargemaak is nie, ook nie saggekookte eiers nie.

 

*Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement het personeel van nooddienste verbied om sekere gebiede sonder polisiebegeleiding binne te gaan.

Dít volg nadat ’n nooddiensspan Dinsdagoggend met vuurwapens aangehou is toe hulle op ’n noodoproep in Khayelitsha se J-seksie gereageer het.

 

Krieket:Honderdtalle deur Faf du Plessis  en David Miller  het Suid-Afrika  gehelp om die tweede eendagwedstryd teen Sri Lanka in Durban met 121 lopies te wen.Die Proteas  het die eerste eendagwedstryd teen Sri Lanka Saterdag in Port Elizabeth gemaklik met agt paaltjies gewen.

‘n Zimbabwiese pastoor  wat verlede jaar daarvan aangekla is dat hy die bewind van pres. Robert Mugabe omver probeer  werp het toe hy mense gevra het om vreedsaam te betoog, is met sy aankoms vroeër die week uit die VSA op die lughawe van Harare in hegtenis geneem.Evan Mawarire is verlede Julie gearresteer en aangekla maar deur die hof vrygelaat omdat die polisie nie  die regte prosedure gevolg het nie.

Vyf verdagtes wat daarvan aangekla word dat hulle vyf  miljoen rand se brandstof gesteel het, is na hulle hofverskyning op borgtog vrygelaat.Sandile Sikhosana , ‘n vulstasie eienaar in Tembisa aan die Oos-Rand  se dogter wat ‘n bestuurder by die Engen-depot  in Langlaagte, Johannesburg is, het na bewering die bestelvorms vervals en op dié wyse brandstof bekom.

Twee Sjinese burgers sal vandag in die landdroshof op Wynberg in Kaapstad  verskyn op aanklag van die onwettige besit van renosterhoring en ivoor.

Die twee mans is gearresteer toe hulle die rugsak met die itemns by die polisiestasie wou afhaal..

 

Die voormalige staatsaanklaer, Gerrie Nel, het Suid-Afrikaners die versekering gegee dat Afriforum se private ondersoekeenheid, waarvan hy aan die hoof gaan staan, nie 'n heksejag sal voer teen mense nie.

Nel sê die ondersoekeenheid  sal fokus op sake waar die NVG besluit het om mense nie te vervolg nie.

 

Pres. Donald Trump het die 49-jarige Neil Gorsuch  ’n konserwatiewe regter benoem om die plek van wyle regter Antonin Scalia in die Amerikaanse hooggeregshof te vul.

Gorsuch, regter van Denver in die deelstaat Colorado, moet deur die Amerikaanse senaat bevestig word, in wat na verwagting ’n taai stryd gaan wees.

 

Twee werkers is dood in 'n ongeluk  by PetroSA se chemiese aanleg in Mosselbaai in die Suid-Kaap.

Nadere besonderhede oor die voorval is nie in die stadium bekend nie.

 

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • spec-savers.jpg
  • m+z-group.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na