skakel-081966
 
top20btn

 ‘n Marokkaanse vragskip word deur die Suid-Afrikaanse owerhede in Port Elizabeth aangehou.

Dit volg nadat die onafhanklikheidsbeweging, die Polisario Front van die Westelike Sahara, ‘n hofbevel bekom het om beslag te lê op 54-duisend ton fosfaat aan boord.

Die vaartuig was glo op pad na Nieu-Seeland.

 Ligte reën is vir die naweek vir die droogtegeteisterde Wes-Kaap voorspel.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan reën van vandag af tot Sondagoggend oor die hele provinsie verwag word.

  1. Bransby Bulo sê ’n kouefront is op pad oor die suidwestelike dele van die land.

 Die voorsitter van Telkom, Jabu Mabuza, sê sakeleiers het president Jacob Zuma tydens ’n aandete meegedeel dat die vertroue tussen die regering en die privaatsektor daarmee heen was toe hy in Maart vir Pravin Gordhan as minister van Finansies afgedank het.

Mabuza het by die Wêreld Ekonomiese Forum oor Afrika in Durban gesê verskeie kwessies is geopper en die sakeleiers het hul kommer uitgespreek dat hul samewerking en die vertroue wat bestaan het, deur Zuma se besluit vernietig is.

Hy sê ander sake waaroor kommer uitgespreek is, is staatskaping, die bestuur van staatsondernemings en veral Eskom, en die vertraging met die ondertekening van die Wysigingswetsontwerp op die Finansiële Intelligensiesentrum (Fica).

Die voormalige Springbokvleuel, Bryan Habana, moes hom gister tot sy Twitter-rekening wend om gerugte dat hy in Frankryk doodgeskiet is, in die kiem te smoor.Hy sê in ‘n video ’n gerug of fopnuusberig het die ronde gedoen dat hy glo vroegoggend met sowat vyf ander mense op pad terug van ’n partytjie in Parys se 19de distrik in ’n verbyry-skietery vermoor is.Habana, wat deesdae vir Toulon speel, sê in die video soos almal kan sien, gaan alles egter goed.

Die goewerneur van die Khomas streek Laura Mcleod-Katjirua het Namibiers
herinner aan die duur prys wat betaal is vir vryheid. Sy het op 'n Cassinga
dag byeenkoms in die hoofstad gepraat tydens die 39 ste herdenking van die
gebeure van 4 Mei 1978 toe 600 Namibiers gesterf het tydens n lugaanval deur
die Suid-Afrikaanse apartheidsmagte in die Suide van Angola. 

AfriForum en AfriSake het ’n gesamentlike hofaansoek teen Eskom ingedien om die kragvoorsiener te verplig om die korrekte prosedures te volg met die invordering van munisipale skuld.Die organisasies sê dit is om verbruikers wie se kragrekeninge ten volle betaal is, te beskerm teen die onregmatige onderbreking van hul kragtoevoer.Dit volg ook nadat Eskom in Januarie ’n aantal munisipaliteite kennis gegee het dat die kragtoevoer aan hul distrikte gestaak gaan word weens wanbetaling.Uitspraak in die geding is voorbehou.

Drie voormalige Suid-Afrikaanse presidente, FW de KlerkThabo Mbeki en Kgalema Motlanthe, en ’n voormalige adjunk-president, Phumzile Mlambo-Ngcuka, sal vandag byeenkom om die nasionale algemene krisis waardeur Suid-Afrika in die gesig gestaar word, te bespreek.Die stigtings van Jakes GerwelAlbert LuthuliDesmond en Lea TutuHelen Suzman en Robert Sobukwe is ook deel van die inisiatief.Die groep sê in ’n verklaring die omstandighede in Suid-Afrika is ver verwyder van die positiwiteit en selfs euforie van 1994.Die doel is om die krisis in politieke bestuur, die toksiese politieke omgewing en die stand van die ekonomie te bespreek.

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres het 'n beroep op wêreldleiers gedoen om mediavryheid in hul lande te beskerm.

Guterres van 'n boodskap val op Wêreldpersvryheidddag wat vandag gevier word.

Hy sê mediavryheid moet verdedig word as 'n teenwig vir vals inligting wat wêreldwyd versprei word.

Die opspraakwekkende Henri Van Breda moordverhoor word vanoggend in die Kaapse hooggeregshof voortgesit.

Van Breda word aangekla van die bylmoord op sy ouers en broer in Januarie 2015.

Hy staan ook tereg op 'n aanklag van poging tot moord op sy suster asook regsverydeling.

President Jacob Zuma sê groeiende handel tussen Afrikalande, werkskepping en die versekering van inklusiewe groei sal hoog op die sakelys wees van die Wêreld Ekonomiese Forum oor Afrika wat vandag in Durban begin.

Dit is Zuma se verwelkomingsboodskap aan wêreld- en Afrika-leiers, asook root nyweraars wat aan die drie dae lange beraad gaan deelneem.

Vanjaar se WEF-beraad oor Afrika word aangebied onder die tema van die nastrewing van inklusiewe groei en deelnemende en verantwoordelike leierskap.

Die Amerikaanse president  Donald Trump en sy Russiese ampsgenoot  Wladimir Poetin het ingestem om druk op die strydende groepe in Sirië uit te oefen om tot ‘n wapenstilstand in te stem.Die twee leiers het bykans ‘n maand nadat die VSA lugaanvalle op ‘n Siriese lugmagbasis uitgevoer het, ‘n telefoniese gesprek gevoer.Trump en Poetin het ook die netelige Noord-Korea kwessie en ‘n moontlike ontmoeting bespreek.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • m+z-group.jpg
  • spec-savers.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na