skakel-081966
 
top20btn

Die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa, sê byna een-duisend-380 bestuurders is die naweek getoets vir dronkbestuur en vyf is in hegtenis geneem.

Boetes van meer as 250-duisend rand is ook uitgereik vir bestuurders wat te vinnig gery het.

  1. Beaufort-Wes het een teen 163 kilometer per uur gejaag en by Laingsburg is ’n minibus-taxibestuurder voorgekeer nadat hy teen ’n spoed van 138 kkilometer per uur gery het.

Die polisie in Mpumalanga het die naweek 197 onwettige mynwerkers in hegtenis geneem.

Woordvoerder, brigadier Leonard Hlathi, sê daar is toegeslaan op drie plakkersgebiede naby Secunda en daar is ook beslag gelê op toerusting wat in onwettige mynbedrywighede gebruik word.

Die verdagtes – hoofsaaklik van Lesotho – sal vandag in die hof verskyn.

Die Vrystaatse Cheetahs het in Bloemfontein ‘n welverdiende oorwinning van 30-17 oor die Westelike Provinsie behaal en is ná twee oorwinnings eerste op die punteleer met tien punte.Die rustydtelling was 18-10 in die guns van die Cheetahs.Die Blitsbok-vleuel, Rosko Specman, was die speler van die wedstryd.

Suid-Afrika het gister weer gevou op die voorlaaste dag van die derde toets teen Engeland op die Oval in Londen en sal vandag sy tweede beurt hervat op 117 vir vier.Die Proteas is die taak gestel om 492 lopies vir ‘n oorwinning aan te teken nadat die Engelse hul tweede beurt gesluit verklaar het op 313 vir agt.Dean Elgar met 72 lopies en Temba Bavuma met 16 sal vandag voortkolf.Heino Kuhn kon net elf lopies aanteken, Hashim Amla vyf, Quinton de Kock vyf en Faf du Plessis nul nadat hy in die eerste beurt net een lopie kon aanteken.

Zambië se ministerie van parke en wildlewe sê twee Sjinese burgers en twee Zambiërs is in hegtenis geneem toe 25 stukke renosterhoring in hul besit gevind is by ‘n grenspos tussen dié land en Mosambiek.n Woordvoerder sê daar kon nog nie vasgestel word waarvandaan die meer as 32-kilogram renosterhoring afkomstig is nie.Hy sê geen renosterstropery in Zambië is die afgelope tyd aangemeld nie.

Die DA wil hê dat die minister van Staatsdiens en Administrasie, Faith Muthambi, in die parlement ‘n verduideliking moet gee oor ‘n koerantberig dat sy met belastingbetalers se geld 30 mense, waaronder verskeie familielede, na Kaapstad laat vlieg het.Die Sunday Times het berig dat sy na bewering in Mei 300-duisend rand daarvoor bestee het sodat die mense kon kyk hoe sy ‘n toespraak in die parlement lewer.Die DA se woordvoerder, Desiree van der Walt, sê Muthambi moet voor die betrokke parlementêre portefeuljekomitee gedaag en gedwing moet word om elke sent van die geld terug te betaal.

  Die minister van Finansies, Malusi Gigaba, sê hy is bekommerd oor die Gupta-familie se rol in die beïnvloeding van besluite by staatsbeheerde instellings.

Hy het gereageer op die skorsing van die hoof finansiële beampte van Eskom, Anoj Singh, en gesê hy steun die besluit ten volle.

Gigaba sê net soos alle Suid-Afrikaners, is hy bekommerd oor die Guptas en dit is belangrik dat ‘n geregtelike kommissie van ondersoek aangestel word om die waarheid vas te stel en duidelikheid te verskaf.

 Die lotery-operateur, Ithuba Holdings, meen die persoon wat ‘n loterykaartjie in Julie 2016 by ‘n winkel in Isipingo in Durban gekoop het, is moontlik salig onbewus daarvan dat hy of sy die boerpot van meer as 19-miljoen-292-duisend rand gewen het.

Die persoon het nog tot môre tyd om die Powerball Plus-geld op te eis voordat dit 

verbeurd verklaar en aan Ithuba se verspreidings-trustfonds oorgedra sal word.

Wenners het ‘n jaar tyd om hulle wengeld op te eis.

Wenners van ‘n Lotto-boerpot van 15-miljoen rand in Desember verlede jaar en ‘n Powerball-Plus-boerpot van 21 Junie vanjaar het ook nog nie na vore gekom nie. 

Nòg ’n bank gaan glo die rekeninge van ondernemings van die omstrede Gupta-familie sluit.

Die koerant, The Star, berig dat werknemers van die koerant, The New Age, en die ANN7-televisiekanaal -- wat albei deur die Guptas besit word -- gewaarsku is dat die bank die maatskappye se rekeninge sluit.

Die bank het die Guptas glo tot einde Augustus gegee om ’n ander bank te vind.

Dit volg nadat die Registrateur van Banke bevestig het dat hy ‘n versoek van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) ontvang het om Bank of Baroda se banklisensie te kanselleer oor sy bystand aan die Guptas.

Eskom het gisteraand in ‘n verklaring bevestig dat sy finansiële hoof, Anoj Singh, op spesiale verlof geplaas is hangende ’n ondersoek na verdagte transaksies en tenders by Eskom waarby hy betrokke was.Calib Cassim -- ’n geoktrooieerde rekenmeester met 15 jaar diens by Eskom – sal as finansiële hoof waarneem.Die waarnemende voorsitter van die direksie, Zethembe Khoza, sê ook in die verklaring die maatskappy is stabiel soos getuig uit die onlangse finansiële resultate, en dat daar voortgegaan sal word om ‘n omkeerstrategie in werking te stel.

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, sê wetstoepassers moet die rol van die Guptas en die uitgelekte Gupta-e-posse hanteer, omdat die regerende party is nie ’n wetstoepassingseenheid is nie.Hy het ná ’n spesiale vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee met die oog op die party se beraad wat vandag in Pretoria begin, aan joernaliste gesê die polisier moet mense in hegtenis neem wat van misdaad aangekla word en die regstelsel moet dan in werking tree.Mantashe het volgens Netwerk24 wel gesê die party hanteer die Guptas se rol in die staatskapingsage.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • m+z-group.jpg
  • spec-savers.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na