skakel-081966
 
top20btn

 ‘n Tropiese sikloon sal Mosambiek na verwagting vandag tref en die noordoostelike dele van Suid-Afrika – veral die noordooste van KwaZulu-Natal kan deur die storm geraak word.

Volgens NASA se orkaan-webwerf kan die tropiese laagdrukstelsel in die Mosambiek-kanaal binne die volgende 24 uur orkaansterkte bereik.

Geen waarskuwings is egter deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens uitgereik nie.

 

Huldeblyke stroom in ná die dood van die voormalige All Black-losvoorspeler, Sione Lauaki, Saterdagaand in die ouderdom van 35 jaar.Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie, maar hart- en nierprobleme is in 2012 by hom gediagnoseer.

Lauaki, wat in Tonga gebore is, het in 17 toetse vir Nieu-Seeland gespeel en ook 70 keer vir die Chiefs uitgedraf.

Die Gautengse polisiewoordvoerder, kaptein Kay Makhubela, sê aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging en aanranding word ondersoek ná Saterdagaand se moleste deur sokkerondersteuners op Loftus Versfeld in Pretoria.Woedende ondersteuners van Orlando Pirates het op die veld gestorm toe hul span met ses doele teenoor nul agter was teen Mamelodi Sundowns en die wedstryd met agt minute se speeltyd oor, stopgesit moes word.

Die minister van Energie, Tina Joemat-Pettersson, sê 22 maatskappye stel belang in Suid-Afrika se voorgestelde kernkragprogram.Sy het gister op ‘n nuuskonferensie gesê haar departement is besig om die inligting te verwerk, waarna dit aan die kabinet voorgelê sal word.Earthlife Africa en die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe-omgewingsinstituut se hofaansoek om die kernkragprogram te stuit, word intussen volgende Woensdag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof hervat.

Die polisie ondersoek ’n saak van brandstigting nadat twee petrolbomme Saterdagnag by ’n gebou op die Suid-kampus van die Nelson Mandela-Universiteit in Port Elizabeth ingegooi is – slegs ‘n week nadat lesings by die universiteit begin het.

Die nasionale polisiewoordvoerder, brigadier Sally de Beer, sê klippe is ook by die ingang van die gebou gegooi.

’n Universiteitswoordvoerder, Zandile Mbabela, sê die universiteit sal nie rus totdat die skuldiges aan die pen gery het nie.

‘n Amerikaanse appèlhof het president Donald Trump se poging om sy verbod op besoekers uit hoofsaaklik sewe Moslemlande her in te stel, verwerp.

Die hof het bevind dat die regering nie kon bewys dat ‘n terreurbedreiging die herinstelling van die verbod regverdig nie.

Die hofbeslissing beteken dat mense van Iran, Irak, Libië, Somalië, Soedan, Sirië en Jemen met visums, kan voortgaan om Amerika binne te gaan.

 

Die speaker van die parlement, Baleka Mbete, het die parlement se gaste, waaronder oud-president Thabo Mbeki en hoofregter Mogoeng Mogoeng, om verskoning gevra vir die drama, wat volgens haar, ’n kenmerk geword het van hoe lede teenoor mekaar optree.

Sy het ook om verskoning gevra vir pepersproei wat op die openbare galery gebruik is en gesê die oorsprong daarvan sal ondersoek word.

 

Die DA-leier, Mmusi Maimane, wat gisteraand saam met sy LP’s die staatsrede van president Jacob Zuma te midde van woeste tonele verlaat het, het buite die parlement gesê sy party gaan vanoggend ’n aansoek by die hooggeregshof indien teen die parlement omdat dit die Grondwet geskend het.

Die DA-hoofsweep, John Steenhuisen, het vroeër ook beswaar gemaak oor die teenwoordigheid van soldate met R4-aanvalsgewere en swaargewapende onluspolisielede op die parlementêre perseel.

 

Suid-Afrika sal deur 25 atlete verteeenwoordig word op die Spesiale Winterspele -- ’n byeenkoms vir atlete met verstandelike gestremdhede -- in Oostenryk.

Dit vind van 14 tot 25 Maart plaas en atlete van 107 lande sal deelneem.

 

Verskeie organisasies het vanoggend op verskillende plekke in Kaapstad hul ontevredenheid uitgespreek oor ’n geheime kernkragtransaksie waarby die regering glo betrokke is.

‘n Woordvoerder van die burgerregtegroep, Right2Know in die Wes-Kaap, Pupa Fumba, het gesê hul het die publiek se ondersteuning nodig om ’n duidelike boodskap aan die regering te stuur.

 

 Die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise, sê dit is die dag vir president Jacob Zuma se staatsrede en niks anders sal toegelaat word nie.

Dit volg nadat die EFF aangedui het dat hulle vanaand gaan vra dat ‘n debat gevoer word oor die wettigheid van die president én van die parlement.

 

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • Erindi-Ad.jpg
  • m+z-group.jpg
  • spec-savers.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na