skakel-081966
 
top20btn

  Die Vryheidsfront-Plus-parlementslid, Pieter Mulder, gaan die naweek die Onverteenwoordigde Nasies en Volkere in Brussel, België, inlig oor die huidige situasie in Suid-Afrika.

Die organisasie beywer hom vir die beskerming en bevordering van minderhede en inheemse groepe se regte.

Mulder sê in ‘n verklaring geen ander politieke party in die parlement is tans bereid om in die buiteland die situasie van Afrikaanse universiteite en skole, plaasmoorde, regstellende aksie, kwotas en die rassistiese dubbele standaarde in Suid-Afrika te stel nie.

'n Woordvoerder van die Eskom-raad, Khulani Qoma, het bevestig dat die voormalige bestuurshoof, Brian Molefe, hom Maandag weer by die kragvoorsiener gaan aansluit.

Molefe het as ANC-parlementslid bedank en die bedanking tree onmiddellik in werking.

Hy het verlede jaar as uitvoerende hoof van Eskom bedank nadat hy deur die voormalige Openbare Beskermer, advokaat Thuli Madonsela, in haar verslag oor staatskaping geïmpliseer is.

Die mynmaatskappy, Lonmin, het produksie by twee van sy Marikana-myn se skagte naby Rustenburg in Noordwes gestaak nadat hy glo reeds sowat 40-miljoen rand verloor het weens betogings buite die myn sedert 2 Mei.Die Bapo ba Mogale-gemeenskap eis dat die maatskappy ‘n duisend heeltydse poste en werkgeleenthede vir 500 jongmense skep.Lonmin sê in ’n verklaring die eise is in die huidige ekonomiese toestande nie realisties nie.

Die wêreld se nommer een, Andy Murray van Brittanje is in die derde ronde van die Madrid Ope deur die ongekeurde Borna Coric van Kroasië met 6-3 en 6-3 uitgeskakel.Die verdedigende kampioen en tweede gekeurde Novak Djokovic van Serwië het na die kwarteindronde deurgedring nadat hy Feliciano Lopez van Spanje met 6-4 en 7-5 geklop het.Die vierde gekeurde Rafael Nadal van Spanje het ook die kwarteindronde bereik nadat hy met 6-3 en 6-1 teen Nick Kyrgios van Australië gewen het.

Twee renosters is in die Msini-wildreservaat naby Albert Falls in KwaZulu-Natal vir hulle horings doodgemaak.Polisiewoordvoerder, brigadier Vishnu Naidoo, sê die karkasse van die diere is Woensdagnag gevind.Hy sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

  ʼn Middeljarige vrou is Dinsdag in haar huis in Eversdal in Durbanville in die Wes-Kaap vermoor.

Die polisie se kaptein FC van Wyk sê polisiebeamptes het Dinsdagmiddag die 53-jarige Hilary van Rooyen se liggaam op die vloer in haar huis aangetref.

 ’n Gebou waarin speurders van die Dullstroom-polisiekantoor in Mpumalanga gewerk het, het oornag afgebrand.

  1. Leonard Hlathi van die provinsiale polisie sê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

*  Die burgemeesters van Johannesburg en die Tshwane-metro in Pretoria vergader vanmiddag met die provinsiale en nasionale regering oor die afgelope tyd se gewelddadige betogings.

Die doel van die vergadering is om oplossings te vind vir die griewe, veral oor behuising, van inwoners.

Die Amerikaanse ambassade in Manila het Amerikaners gewaarsku dat terroriste beplan om buitelanders op ‘n gewilde Filippynse toeriste-eiland te ontvoer.Volgens die ambassade is geloofwaardige inligting ontvang dat terroristegroepe op buitelandse burgers op Palawan-eiland wil toeslaan.Die Filippynse leër sê intussen in ‘n verklaring hulle deel die kommer van die Amerikaanse regering en het veiligheidsmaatreëls by Palawan se toerismeplekke verskerp.

President Jacob Zuma het aansoek gedoen om verlof tot appèl teen 'n hooggeregshof-uitspraak ten gunste van die DA dat hy redes moet verskaf vir die afdanking van die voormalige minister van Finansies, Pravin Gordhan.Dit sluit ‘n sogenaamde intelligensieverslag wat glo 'n rol in Gordhan se afdanking gespeel het in, en die president is tot vandag tyd gegee om dit te doen.Zuma se regsverteenwoordigers het ook gevra dat die DA die verslag moet verskaf.Die DA se federale voorsitter, James Selfe, het die jongste stap as vertragingstaktiek bestempel.

Die eerste sneeu van die winter word môre op hoogliggende gebiede van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal en in Lesotho verwag met temperature wat ook in die Suid-Vrystaat en die Noord-Kaap skerp gaan daal.Net ligte sneeuneerslae word verwag.Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ook wydverspreide reën vandag oor die Wes-Kaap.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • spec-savers.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
  • m+z-group.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na