skakel-081966
 
top20btn

Twee mense mense aan boord van ‘n  girokopter is  dood toe die tuig in digte bosse  sowat 100 meter  van die vliegveld by Uitenhage in die Oos-Kaap  neergestort het.

Die ligte helikopter  het, nadat dit die grond getref het,  aan die brand geraak en albei mans het verkool.

Een van die slagoffers was  volgens ’n bron ’n lid van die Suid-Afrikaanse lugmag in Port Elizabeth.

Die  spanning is besig om op te laai voor more se halfeindstryd van die Wêreldbeker kriekettoernooi in Sydney tussen Australië en Indië.Australië het die titel al vier keer gewen en is die mees suksesvolle span sedert die begin van die toernooi.

Teen-terreurspanne in Australië het die maand reeds 230 vermeende ondersteuners van die Islamitiese Staat verhinder om na die Midde-Ooste te vlieg om vir die groep te veg.Daar was minstens drie tienerseuns onder die groep.

Duitsland het Zimbabwe dringend gevra om die belyning van die land se wette met sy grondwet te bespoedig en die Oppergesag van die Reg te verskans.'n Duitse afvaardiging wat die land besoek het, het gesê die Oppergesag van die Reg is van die uiterste belang om Europese beleggers na die land terug te lok.

`n Vergadering van al die rolspelers by die Universiteit van Kaapstad om oor die toekoms van die standbeeld van Rhodes te besluit, sal waarskynlik later vandag gehou word.Die Visekanselier, Max Price, sê besluite wat by die vergadering geneem word, sal in 'n aanbeveling aan die universiteitsraad saamgevat word.

Vegters van die Islamitiese Boko Haram groep  het meer as 400 vroue en kinders uit  Damasak in die noorde van Nigerië ontvoer  nadat hulle deur troepe van Tsjaad en Niger uit die dorp verdryf is.

Soldate van die twee lande het verlede week op die  oorskot  van  70 mense afgekom wat  wat naby die dorp vermoor is.

Boko Haram het gedreig dat hy sy militêre  veldtog sal verskerp in die aanloop tot die naweek se verkiesing in Nigerië.

Die waarnemende Valke-hoof, genl.maj. Benny Ntlemeza, het sy misnoeë te kenne gegee nadat hy in die hooggeregshof in Pretoria as ’n leuenaar, oneerlik en sonder integriteit en eerbaarheid beskryf is. 

Ntlemeza het gesê hy gaan regter Elias Matojane by die Regterlike Dienskommissie oor sy opmerkings  verkla. Ntlemeza  het die regter vroeër daarvan beskuldig het dat hy agter sy  regspan se rûe met die regspan van die geskorste Gautengse Valke-baas,genl.maj. Shadrack Sibiya, vergader het.

Die onlangse goeie reëns in mielieproduserende  gebiede kan moontlik daartoe lei dat die invoer van witmielies dalk vir die onmiddellike toekoms uitgestel word.

Die oesskattingskomitee sal dalk sy voorspelling van sy vorige raming van nege miljoen ton tot tien miljoen ton opstoot.

Die komitee het in sy eerste skatting van die someroeste gesê mielieproduksie sal 32 persent minder wees as verlede jaar weens die erge droogte.

‘n Siriese menseregte-organisasie  het onthul dat die Islamitiese Staat minstens 400 kinders die afgelope drie maande in Sirië gewerf en opgelei het om te veg.

Die hoof van die menseregte-organisasie, Rami Abdulrahman , sê die Islamitiese  Staat  teiken kinders omdat dit maklik is om hulle te breinspoel.

Die Franse eerste-minister ,Manuel Valls, sê ‘n helikopter het daarin geslaag om naby die toneel in die Franse Alpe te land waar ‘n Airbus van die laekoste lugdiens GermanWings gisteroggend met 150 passasiers en bemanningslede neergestort  het.

Daar is vasgestel dat niemand die vliegongeluk oorleef het nie.

Janet Prinsloo, die eienaar van ‘n padstal  naby Vaalwater in Limpopo, het die naweek lelik geskrik toe ʼn vier meter lange luislang haar in haar slaapkamer aangeval en probeer dooddruk het.

Sy het na ‘n groot gesukkel daarin geslaag om die slang van haar been af te trek en haar verloofde het met haar na die hospitaal op Ellisras/ Lephalale gejaag .

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • Erindi-Ad.jpg
  • spec-savers.jpg
  • m+z-group.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na