skakel-081966
 
top20btn

Die Amerikaanse owerheid  beweer dat die Siriese regering ‘n krematorium by ‘n militêre gevangenis opgerig het om van die oorskot  van duisende vermoorde gevangenes ontslae  te raak deur hulle te veras.Die Amerikaanse departement van buitelandse sake het satellietbeelde van die krematorium  buite Damaskus vrygestel.Die menseregtegroep Amnestie Internasionaal sê  talle gevangenes is elke week tussen 2011 en 2015 by die tronk opgehang nadat hulle gemartel is.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het uitspraak in die Suid-Afrikaanse konstitusionele hof voorbehou in  die saak van 'n geheime stemming tydens die debat oor 'n mosie van wantroue in president Jacob Zuma.Intussen het die Speaker van die nasionale vergadering, Baleka Mbete, gesê daar rus geen verpligting op haar om 'n geheime stemming toe te laat nie.Haar uitlating volg ondanks die feit dat haar regsverteenwoordiger, Marumo Moerane, verskeie toegewings tydens sy betoë moes maak.

 ‘n Voormalige Generations akteur  en omroeper van Jozi FM, Mandla Hlatshwayo, is gisteraand in ‘n rooftog  in Soweto, Johannesburg doodgeskiet.

Vier rowers het die kroeg binnegekom en die mense begin beroof.

Pres. Zuma het aantygings verwerp dat hy korrup is en weer daarop gesinspeel dat daar ‘n sogenaamde derde mag agter die veldtog teen hom sit.

Hy het gisteraand ‘n gebedsbyeenkoms in die Moses Mabhida stadion in Durban bygewoon.

Zuma het indirek na die vakbondfederasie Cosatu en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party se kritiek teen hom verwys  en gesê hulle moet eerder op kwessies fokus wat werkers en armes raak as om die ANC in ‘n swak lig te stel.

Mense het vanoggend by Mary Fitzgerald Plein in Johannesburg byeengekom van waar hulle na die konstitusionele hof in Braamfontein sal stap.

Die hof hoor vandag regsargumente aan in die UDM se aansoek dat die Speaker van die Nasionale Vergadering moet gelas dat 'n geheime stemming gehou word wanneer parlemenstelde moet stem oor 'n mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma.

Die UDM sê hy is vol vertroue dat die hof in die party se guns sal beslis.

           

Rugby:  Suid-Afrika het sy vyfde titel in die Wêreld-sewesreeks toe die Blitsbokke die Paryse toernooi gewen het.Hulle het Skotland in die eindstryd met 15-5 geklop.Suid-Afrika was reeds voor die eindstryd verseker van die 2016/17-titel nadat die Skotte in ndie halfeindronde met Fidji afgereken het.Die Blitsbokke was voor die Parys-toernooi 25 punte voor Fidji.

Amerika se president Donald Trump, het ‘n dringende vergadering belê nadat kuberkrakers Vrydag chaos veroorsaak het.Volgens ’n senior amptenaar van die Trump-administrasie het Trump sy veiligheidsdraadgewer, Tom Bossert, opdrag gegee om die bedreiging deur rekenaarterroriste wat in minstens 150 lande toegeslaan het, op ’n noodvergadering te bespreek.Byna ‘n honderd-duisend rekenaars met Microsoft Windows is getref.Taiwan, Rusland en die Oekraïne het die ergste deurgeloop, maar die grootste ontwrigting was in Brittanje waar talle hospitale pasiënte moes wegwys omdat hul rekenaars onklaar was.

Die ANC het ‘n ultimatum aan die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, om die heraanstelling van Brian Molefe by Eskom terug te trek óf die elektrisiteitsverskaffer se raad te ontbind.Sy moet oor hierdie kwessie voor die party in Luthuli-huis verskyn.Indien dit gebeur, sal dit ’n terugslag wees vir president Jacob Zuma, sy faksie in die ANC, sowel as sy vriende, die omstrede Gupta-familie, wie se maatskappy deur die voormalige openbare beskermer, advokaat Thuli Madonsela, in haar verslag oor staatskaping genoem word.

Die Suid-Afrikaanse minister in die presidensie, Jeff Radebe, sê daar is geen gronde vir die negatiewe openbare persepsies in Suid-Afrika dat die regering besig is om die stryd teen korrupsie te verloor nie.Dit volgens ‘n besprekingsdokument oor die ering se jongste nuutste inisiatief teen korrupsie wat in Pretoria bekend gestel is.Die dokument sal as basis dien vir ‘n beoogde landwye oorlegpleging met alle sektore van die burgerlike samelewing wat uiteindelik moet lei tot die ontwikkeling van die land se heel eerste nasionale teenkorrupsie-strategie.Radebe het volgens Netwerk24 gesê die dokument is die begin van ’n openbare konsultasieproses oor hoe om korrupsie in die staat en privaatsektor uit te roei.

Superrugby:  Die Blues het die Cheetahs in Auckland met 50-32 verslaan.

Die rustydtelling was 24-18 in die guns van die tuisspan.

Die Blues het agt drieë gedruk teenoor die vier van die Cheetahs.

Intussen was die rustydtelling in die kragmeting tussen die Lions en die Brumbies in Canberra 3-0 in die guns van die Brumbies.

Die Lions het gewen 16-3

Sowat 70 kinders is beseer toe ‘n bus vanoggend in Adams Mission, wes van Amanzimtoti in KwaZulu-Natal omgeslaan het.

ER24-woordvoerder Russel Meiring sê die beserings het gewissel tussen gering en matig.

Die kinders is na hospitale geneem vir verdere behandeling.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • m+z-group.jpg
  • spec-savers.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na