skakel-081966
 
top20btn

Huldeblyke stroom in vir die oud-bevelvoerder van die Ierse Republikeinse

Leër, Martin McGuiness,  wat in die ouderdom van 66  in Belfast oorlede is.
Hy het destyds  'n belangrike rol in Noord-Ierland se vredesproses gespeel.
Die Britse eerste minister, Theresa May, sê McGuinness het 'n historiese
bydrae gelewer om Noord-Ierland van geweld na vrede te lei.

Die oud-Springbok Joel Stransky sal Sondag plastiese chirurgie aan sy

gesig ondergaan nadat hy die afgelope naweek in aanloop tot die Cape

Epic-bergfietstoer op die Meerendal-landgoed in die Boland geval het.
Stransky wat in die hoësorg-eenheid van ‘n hospitaal behandel word, sê hy lê met ’n pyp in sy ribbekas om die vog op sy longe te dreineer. Stransky sou sy agtste Cape Epic-bergfietstoer met sy spanmaat, Jeremy Thomson, ’n voormalige Sharks-rugbyspeler, aangepak het.

Die polisie in die Zimbabwiese hoofstad, Harare, het ingevolge veiligheidswetgewing ‘n wapenverbod afgekondig op die vooraand van ‘n straatbetoging wat vir vandag beplan word.Opposisiepartye, waaronder die Beweging vir Demokratiese Verandering van Morgan Tsvangirai, sal aan vandag se betoging deur die organisasie, National Electoral Reform Agenda, deelneem, en dit is deur ‘n hof goedgekeur.Dit is uit protes teen ‘n nuwe stemstelsel in aanstaande jaar se verkiesing.

Engeland as afrigter, Eddie Jones, sê hy aanvaar volle verantwoordelikheid vir sy span se nederlaag in Saterdag se Sesnasies-wedstryd teen Ierland in Dublin.Die Iere het met 13-9 gewen en die Engelse verhoed om ‘n 19de agtereenvolgende toetsoorwinning te behaal vir ‘n nuwe wêreldrekord.Jones sê Engeland het nie volgens sy potensiaal gespeel nie en Ierland was briljant afgerig en het hul wedstrydplan goed uitgevoer.Dit was Engeland se eerste nederlaag sedert 2015 met Jones as afrigter.

Minstens 72 mense is dood in vloede en modderstortings ná dae van swaar reën in Peru.Volgens amptenare is dit die ergste vloede in byna 30 jaar en word meer as die helfte van die land geraak.Noodtoestande is in meer as 800 dorpe en stede afgekondig.

Die voorsitter van die ANC se nasionale uitvoerende komitee se subkomitee vir strategie en tegniek, Nathi Mthethwa, het wit Suid-Afrikaners daarvan beskuldig dat hul nie hul kant ten volle gebring vir versoening in die demokratiese bestel ná 1994 nie.

Hy het volgens Netwerk24 gesê die ANC meen versoening is ’n tweerigting-proses, maar dit kan nie suksesvol wees as al die partye nie die bal speel nie.Mthethwa sê die houding van sommige wit landgenote is problematies en sommige is openlik met hul rassistiese tendense, terwyl ander dit geheim hou.Hy sê Suid-Afrikaners se lewenskwaliteit het beslis verbeter, maar die fundamentele geval van apartheid-kolonialisme is steeds daar.

Die Bulls se flank, Renaldo Bothma, is vir ‘n maand geskors nadat hy in Vrydagaand se Superrugbywedstryd teen die Sunwolves op Loftus Versfeld in Pretoria met ‘n rooikaart van die veld afgestuur is vir ‘n gevaarlike duikslag.

Hy het die kapten van die besoekers, Edward Quirk, net ná die begin van die tweede helfte met ’n stywe arm geloop.

Bothma sal eers weer op 22 April teen die Cheetahs vir die Bulls kan speel.

Die DA sê die inbraak by die kantoor van hoofregter Mogoeng Mogoeng in Midrand is hoogs verdag net ’n dag nadat die konstitusionele hof Vrydag sy verdoemende uitspraak teen die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, oor die krisis met maatskaplike toelaes gelewer het.Woordvoerder Glynnis Breytenbach sê dit is ’n aanval op die regbank wat almal ten sterkste moet veroordeel, en die DA gaan vrae in die parlement stel oor waarom daar nie voldoende sekuriteit was nie.Minstens 15 rekenaars met vertroulike inligting oor die land se regters en amptenare van die hoofregter, is gebuit.

 ‘n Siriese menseregtegroep sê  42 mense, hoofsaaklik burgerlikes, is  dood in ‘n lugaanval op ‘n moskee in ‘n dorpie  in die noorde van Sirië wat deur rebelle beheer word.

Russiese en Siriese vliegtuie is in die betrokke  gebied in die Aleppo provinsie bedrywig.

---

 

Die Suid-Kaapse toeristedorp, Knysna, is in die greep van ‘n waterkrisis en het water vir slegs 30 oor.

Riviere wat die Akkerkloofdam voed,  het opgedroog weens die droogte.

 

Die Openbare Beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane, sal teen einde April vier verslae oor beweerde korrupsie van een-miljard rand in verskeie projekte wat deur die Vrystaatse wetgewer begin is, bekend stel.

Die OB se verslae handel ondermeer oor ondersoeke soos die die Vrede-suiwelprojek en die ontwikkeling van die webwerf van die Vrystaatse wetgewer.

 

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • Erindi-Ad.jpg
  • spec-savers.jpg
  • m+z-group.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na