skakel-081966
 
top20btn

Die omstrede Russiese speler Maria Sharapova het spesiale toestemming gekry om aan die Amerikaanse Ope deel te neem. Sy het in April teruggekeer na ‘n skorsing van vyftien maande vir opkikkergebruik. Die Amerikaanse Tennisvereniging sê Sharapova se skorsing is uitgedien en is dus nie een van die faktore in die beslissing oor haar deelname nie. Die voormalige nommer een het al vyf grand slam-titels gewen. Die Ope begin die 28ste van dié maand.

Die DA gaan ‘n ondersoek aanvra om uit te vind hoe dit gebeur het dat die Zimbabwiese presidentsvrou Suid-Afrika gister kon verlaat nadat sy identifiseer is as ‘n verdagte in ‘n strafsaak. Grace Mugabe moes in die Randburgse landdroshof in Johannesburg verskyn op aanklag van aanranding op ‘n jong vrou in ‘n hotel in Sandton die naweek, maar het nie opgedaag nie en haar motoroptog is later in Harare gewaar. Die DA sê dit was onverantwoordelik van die polisie om Mugabe nie in hegtenis te neem nie aangesien sy ‘n vlugrisiko was.

Die ANC se hoofsweep, Jackson Mthembu, sê vyf ANC-parlementslede se besluit om ‘n vergadering van ‘n parlementêre komitee te boikot waarvan die ANC-LP Makhosi Khoza die voorsitter is, kom neer op ernstige ongedissiplineerdheid. ANC-lede van die studiegroep op die Staatsdiens en Administrasie het beswaar gemaak teen Khoza as voorsitter van die portefeuljekomitee. Hulle sê sy het die party se grondwet geskend toe sy haar teen president Jacob Zuma uitgespreek het. Mthembu sê daar sal teen die LP’s opgetree word.

 Die Wes-Kaapse departement Landbou het bevestig dat voëlgriep op twee volstruisplase in die omgewing van Heidelberg uitgebreek het. Provinsiale minister Alan Winde sê die plase is onder kwarantyn geplaas:

 

Die minister van Polisie, Fikile Mbalula, het bevestig dat die Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe, in Randburg in die hof verskyn op aanklag van aanranding op ‘n vrou in Johannesburg.

 

 

 

Vyf en twintig kinders is die naweek dood in ‘n hospitaal in Indië wat ‘n gebrek aan suurstof ondervind, en die dodetal staan nou op 85. Die plaaslike media verbind dertig van die jongste sterftes aan die feit dat verskaffers nie betaal word nie. Die hospitaal is in die staat Uttar Pradesj.

Die Hooggeregshof in Pretoria het Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane se bevinding tersyde gestel dat die Grondwet gewysig moet word om die maandaat van die Reserwebank te verander. Sy het die Parlement in Junie gelas om te begin met die proses om die bank te laat wegbeweeg van inflasie-teikens in die rigting van maatskaplik-ekonomiese hervorming. Die sentrale bank het betoog dat dit buite Mkhwebane se mandaat val en sy onafhanklikheid in gedrang bring.

Rafael Nadal sal volgende week weer die eerste plek op die mans-wêreldranglys inneem nadat Roger Federer weens ‘n besering moes onttrek aan die Cincinnati-meesterstoernooi in Amerika. Die jarelange teenstanders is tans kop aan kop en het albei ‘n kans gestaan om die beseerde Andy Murray van Brittanje te onttroon, maar die Switser het aangekondig dat ‘n seer rug dié tweestryd voorlopig gekelder het. Die Spanjaard was in Junie 2014 laas die wêreld se voorste speler. Hy het vanjaar reeds vier toernooie gewen, insluitend die Franse Ope ‘n ongekende tiende keer.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het teen rassisme uitgevaar en die verregse Ku Klux Klan en neo-Nazi’s as walglik bestempel. Dit volg op reuse verontwaardiging oor sy gematigde reaksie op die naweek se blanke opperheerskappysaamtrek in Charlottesville, Virginia, wat in ‘n bloedbad geëindig het. ‘n Vrou is dood en neëntien mense beseer toe ‘n vermeende Nazi-simpatiseerder met sy motor ingejaag het in ‘n groep wat teen die saamtrek betoog het.

Uit Sierra Leone in Wes-Afrika word berig dat meer as 300 mense dood en minstens twee duisend ontwortel is in modderstortings wat die hoofstad, Freetown, getref het na swaar reën en oorstromings. Lykshuise is oorvol en oorlewendes soek desperaat na geliefdes. Die Rooikruis verwag dat die dodetal verder gaan styg.

Amnestie Internasionaal het voor die vyfde herdenking van die Marikana-slagting ‘n beroep op Suid-Afrikaanse owerhede gedoen om te verseker dat diegene wat van aandadigheid verdink word, aan die man gebring word. Die menseregte-organisasie sê niemand is nog vervolg vir die dood van 34 stakende mynwerkers en beserings van minstens sewentig by die dorp in Noordwes in 2012 nie. Die groep eis dat die slagoffers en hulle naasbestaandes behoorlik vergoed word.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • m+z-group.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
  • spec-savers.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na