skakel-081966
 
top20btn

Vier Arabiese lande het ‘n lys van 13 eise aan Katar gestuur waaraan dié land moet voldoen indien hy wil hê dat sanksies teen hom opgehef word.

Saoedi-Arabië, Egipte, die Verenigde Arabiese Emirate en Bahrein eis onder meer dat Katar binne tien dae die uitsaaier, Al Jazeera, se deure moet sluit, sy bande met Iran af te skaal en om ‘n Turkse militêre basis in die land te sluit.

Arabiese lande het diplomatieke en ekonomiese sansies teen Katar ingestel en die land daarvan beskuldig dat hy terrorisme befonds en onstabiliteit in die streek meebring.

Ongeveer 28-duisend hoenders moet van kant gemaak word nadat die gevreesde H5N8-voëlgriep op ʼn plaas by Villiers in die Vrystaat uitgebreek het.

Die land se grootste pluimveeprodusent, Astral, het gister bekend gemaak dat die siekte op een van sy teelplase uitgebreek het.

Die plaas is nou onder kwarantyn.

  Die hoof van die burgerregte-organisasie, AfriForum, se onafhanklike vervolgingseenheid, advokaat Gerrie Nel, sê vier vereistes is nodig om korrupsie in die land te bekamp.

Dit is ’n sterk politieke wil teen korrupsie, ‘n vrye regbank, ’n vrye media en ’n onafhanklike en aktiewe burgerlike samelewing.

Hy het by ’n konferensie van die vereniging vir eiendomseienaars in Kaapstad gesê Suid-Afrika het reeds drie van die vier vereistes wat internasionaal beskou word wat nodig is om korrupsie te beveg, en al wat nog kort, is sterk politieke wil om korrupsie te bekamp.

Die DA sê die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se aanbevelings oor ‘n wysiging van die Grondwet oorskry haar mandaat geheel en al.

DA-woordvoerder, Glynnis Breytenbach, sê slegs die Parlement het die mag om aanpassings aan die Grondwet te maak.

Die Parlement het ook bekend gemaak dat die OB se verslag op 'n regshersiening geneem gaan word.

Dit volg nadat die OB se regstellende aanbevelings 'n negatiewe uitwerking op die sterkte van die rand gehad het en graderingsagentskappe ook hul kommer uitgespreek het oor die voorgestelde wegkalwing van die Reserwebank se onafhanklikheid.

 'n Voormalige president van Botswana, Sir Ketumile Masire, is in die ouderdom van 91 in ‘n hospitaal in Gaborone oorlede.

Hy het in 1980 die tweede president van Botswana geword.

Masire was sedert sy uittrede in 1998 aktief betrokke by diplomatieke inisiatiewe in verskeie Afrika-lande en was ook die voorsitter van ‘n paneel wat die 1994 Rwanda-volksmoord ondersoek het.

Die parlement gaan die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se opdrag aan die portefeuljekomitee oor Justisie om die Grondwet te wysig, in die hof betwis.

Die parlement sê in ’n verklaring die remediërende stappe wat die OB gelas en wat die parlement betrek, is ongrondwetlik.

Die OB se verslag handel oor onder meer bewerings van wanadministrasie, korrupsie, wanbesteding van openbare geld en die regering wat in gebreke gebly het om openbare geld van Absa Bank te verhaal.

 

Suid-Afrika A het aan die einde van die tweede dag van die eenmalige nie-amptelike vierdaagse toets teen die England Lions in Canterbury 227 vir sewe in sy eerste beurt gehad.Dit is in antwoord op die Engelse se eerstebeurttotaal van 386 lopies.Die Suid-Afrikaners se eerste paaltjie het met die telling op 164 geval toe Aiden Markram vir 71 lopies uitgehaal is.Heino Kuhn het 105 lopies aangeteken.

 

n Skerpskutter in die Kanadese spesiale magte het verlede maand ‘n vegter van die Islamitiese Staat in Irak oor ‘n afstand van drie-komma-37 kilometer doodgeskiet.Militêre bronne het aan die Globe and Mail in Toronto gesê die skutter het die skoot van ‘n hoë gebou af afgevuur en dit het byna tien sekondes geduur voordat die koeël die teiken getref het.Daar word gereken dat dit ‘n rekord vir die langste bevestigde doodskoot is.

Minstens 30 mense is dood in ‘n motorbomontploffing buite ‘n bank in die hoofstad van Afganistan se suidelike Helmand-provinsie, Lashkar Gah.Sowat 60 mense is beseer en in hospitale opgeneem.Die Taliban het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.

 Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, wat die hofaansoek gebring het, het in ‘n verklaring ‘n beroep op die speaker gedoen om ondanks haar politieke affiliasie, die regte ding te doen en ‘n geheime stemming toe te laat.

Hy sê die risiko dat LP’s geviktimiseer kan word as hulle nie volgens die partybesluite stem nie, is 'n werklikheid, en Zuma het dit ook ondubbelsinnig gestel dat LP’s van die regerende party wat vir sy verwydering stem, dit op hul eie risiko doen.

 Die DA-leier, Mmusi Maimane, het versoek dat ‘n mosie van wantroue in president Jacob Zuma so gou as moontlik geskeduleer moet word.

Dit nadat die Konstitusionele Hof eenparig beslis het dat die Nasionale Vergadering -- deur die speaker -- die magte het om 'n gewone of geheime stemming in die Parlement toe te laat.

Die speaker, Baleka Mbete, het vroeër aangevoer dat sy nie gekant is teen ‘n geheime stemming nie, maar dat sy nie by magte is om so 'n besluit te neem nie.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • spec-savers.jpg
  • m+z-group.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na