skakel-081966
 
top20btn

Die luukse huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch waarin Martin en Teresa van Breda en hul seun, Rudi, vermoor is, is verkoop nadat dit vir meer as ’n jaar in die mark was.

’n Eiendomsagent het aan News24 gesê dit is vir vyf-komma-agt miljoen rand van die hand gesit.

Die 21-jarige Henri van Breda sal Maandag in die Hooggeregshof in Kaapstad verskyn in verband met die bylmoorde op sy pa, ma en ouer broer op 26 Januarie 2015.

 

 In die afgelope drie jaar was daar byna een-duisend-450 swangerskappe in laerskole regoor die land.

Dit volgens syfers wat die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, in antwoord op ’n parlementêre vraag verskaf het.

Tussen 2014 en 2016 was altesaam 20 leerlinge in graad 3 -- gewoonlik nege jaar oud – swanger.

 

 Twee mans wat na bewering betrokke was by die rooftog van miljoene rande by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe sal na verwagting weer vandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

Hulle is by hul eerste verskyning op borgtog van 50-duisend rand elk vrygelaat.

Nog vyf verdagtes het Maandag in die hof verskyn en hul saak is tot 28 en 29 Maart uitgestel vir ‘n formele borgaansoek.

 

 Agri SA meen die Wetsontwerp op Landbougrondbesit is ondeurdag, en het alternatiewe benaderings voorgestel om vinniger en meer volhoubare herverspreiding van grond te bewerkstellig.

Die voorsitter van die organisasie se landbou-ontwikkelingskomitee, Ernest Pringle, sê ondanks die feit dat raadgewers die minister van Grondsake, Lungile Nkwinti, afgeraai het om grondplafonne in te stel, het hy nogtans besluit om die konsep-wetsontwerp op 17 Maart te publiseer met slegs 30 dae vir openbare kommentaar.

Hy sê volgens studies het plafonne vele negatiewe gevolge soos die fragmentasie van landbougrond, terwyl dit ook ‘n nadelige impak op produktiwiteit het.

 

Die ANC-regering in Noordwes, onder leiding van die premier, Supra Mahumapelo, het glo hul planne laat vaar het om ’n ses meter hoë bronsstandbeeld van president Jacob Zuma by die Ngaka Modiri Molema-munisipaliteit in Groot Marico op te rig.

Volgens ’n advertensie in die Mafeking Mail-koerant het die provinsiale departement van kultuur, kuns en tradisionele sake aangekondig dat die tender vir die standbeeld gekanselleer word.

Die DA-leier in die provinsie, Joe McGluwa, sê dit volg nadat Mahumapelo se administrasie onder druk geswig het, omdat dit ’n vermorsing van miljoene rande van belastingbetalers se geld sal wees.

Minstens elf mense is dood en duisende dakloos gelaat in oorstromings in Angola.Volgens ‘n reddingsdienswoordvoerder, Faustino Mingues, is meer as 700 huise, asook ‘n kerk en ‘n skool, in die noordwestelike Luanda-provinsie verwoes nadat stortreën van Dinsdagmiddag af tot gisteroggend voorgekom het.Meer as vyf-duisend huise is ook oorstroom.Die hoofstad, Luanda, is ook erg geraak en volgens die staatsbeheerde Angop-nuusagentskap word verskeie mense ook nog vermis.

Eskom het ’n nuwe ooreenkoms van vyf jaar met die Namibiese kragverskaffer, NamPower, gesluit om elektrisiteit aan dié land te verkoop.Volgens die tussentydse uitvoerende hoof van Eskom, Matshela Koko, het die kragvoorsiener nou oorskot kragvermoë beskikbaar wat hy aan buurlande kan verkoop.Volgens Koko het Eskom reeds met Lesotho en Swaziland langtermyn-ooreenkomste gesluit en wil hy voor die einde van die maand ook ooreenkomste met ander lande in Suider-Afrika beklink.

Die Springbok-senter Jan Serfontein sal Saterdag in Auckland sy 50ste Superrugby-wedstryd vir die Bulle in die nommer 12-trui speel.

Nollis Marais, die Bulle-breier, het vier veranderings en ’n posisionele skuif gemaak aan die span wat Vrydagaand die Sunwolves op Loftus Versfeld geklop het.

Die Bulle kom Saterdagoggend Suid-Afrikaanse tyd teen die Blues te staan.

Die span is Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Jesse Kriel, Jan Serfontein, Jamba Ulengo, Handré Pollard, Piet van Zyl, Hanro Liebenberg, Nic de Jager, Ruan Steenkamp, Lood de Jager, Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Adriaan Strauss (kaptein ) en Lizo Gqoboka.

Die plaasvernagers is Jaco Visiagie, Pierre Schoeman, RG Snyman, Jannes Kirsten, Rudy Paige, Tian Schoeman, Burger Odendaal en Jon-Roy Jenkinson.

 

Minstens 923 miljoen mense het geen toegang tot veilige drinkwater nie en duisende kinders oor die wêreld heen sterf daagliks as gevolg daarvan.

Die Wêreldwaterraad het gister  op Wêreldwaterdag gesê miljoene mense in Afrika suid van die Sahara, Asië en Latyns-Amerika het nie skoon water nie, terwyl meer mense weens besoedelde water doodgaan as aan vigs en padongelukke tesame.

Jaarliks sterf  drie-komma-vyf  miljoen mense weens besmette drinkwater.

 

Die departement van landbou het die invoer van sekere vleisprodukte uit Brasilië verbied.

Dit is nie duidelik hoeveel besendings van die vleis waarvan die vervaldatum reeds verstryk het of wat besmet is, reeds na Suid-Afrika onderweg is nie. Amptenare by alle toegangspunte het opdrag gekry dat elke houer met vleis uit Brasilië getoets moet word vir onder meer salmonella.

 

Hittegolf-toestande sal vandag in dele van die land voortduur .

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat daar  ’n baie hoë brandgevaar in die sentrale dele van die Noord-Kaap en die Karoo bestaan.

Die hittegolf sal tot vandag in die suidelike binneland van die Oos-Kaap voortduur.

 

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • m+z-group.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
  • spec-savers.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na