Foto’s van ongelukstonele kan jou duur te staan kom

Die Namibiese polisie doen ‘n beroep op lede van die publiek om nie foto’s van ongelukstonele te neem en op sosiale media te plaas nie. Dit kom na die gru-ongeluk buite Tsumeb waar twee BBP-beskermingsamptenare op 30 Augustus dood is. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Khomas-polisie sê dit is hoogs onsensitief om die foto’s te deel, veral wanneer die naasbestaandes nog nie ingelig is nie. Daar is tans geen wet daarteen nie maar, siviele stappe kan teen die skuldiges geneem word.