| Liedjie wat nou speel / pas gespeel het: CHRIS DE BURGH : Lady In Red |
| Somaliërs maak amok teen kospryse |
|
|
|
| Maandag, 05 Mei 2008 | |
|
DUISENDE Somaliërs het in die hoofstad se strate amok gemaak in betogings teen stygende kospryse en winkels se weiering om die sjieling as betaalmiddel te aanvaar en op dollars aandring. Ooggetuies sê twee betogers is doodgeskiet deur soldate wat geboue beskerm het. Sowat 2.6 Somaliërs het hulp nodig, meer as 'n derde van die land se bevolking. Die styging sedert Januarie is 40%. Die probleme in Mogadisjoe word vererger deur hewige gevegte tussen regeringsmagte en Islamitiese soldate. Sowat 7 000 mense het verlede maand uit die stad gevlug, en die getal ontheemdes word op een miljoen geraam. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|











