|
Skerpioene se angel getrek |
|
|
|
|
Maandag, 05 Mei 2008 |
Die swakste bewaarde geheim in Suid-Afrika word vandag amptelik algemene kennis wanneer die Khampepe verslag oor die Suid-Afrikaanse vervolgingseenheid, die Skerpioene, amptelik bekend gestel word.
Die verslag deur regter Sisi Khampepe is reeds byna twee jaar oud. Dit
is geen geheim dat sy in die verslag aanbeveel dat die Skerpioene as `n
spesialis ondersoekeenheid bly voortbestaan. Dit is ook geen geheim dat
die Suid-Afrikaanse kabinet twee weke gelede wetgewing goedgekeur het
dat die Skerpioene se stert afgekap word nie.
Die rede vir die vertraging van die vrystelling van die verslag was
volgens president Thabo Mbeki dat hy nie `n sekuriteitsrisiko wou skep
nie. Nou wil dit egter voorkom asof die verslag geen doel gedien het
nie.
|