Meningsopname

Is jy ten gunste van genadedood?
 
Is Nuwejaarsvoornemens haalbaar?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Afrika kort 'groen rewolusie' sê Anan PDF Druk E-pos
Vrydag, 02 Mei 2008

Afrika het 'n "groen rewolusie" nodig om sy koskrisis op te los - maar dis moeilk bereikbaar as boere nie sekerheid oor hul eiendom het nie.

Die gewese VN-hoof Kofi Anan sê Afrika moet begin om vir sy eie voedselsekerheid te sorg deur sy produksie met twee tot drie keer te verhoog. 

Maar die Suid-Afrikaanse politieke ontleder en beesboer Moeletsi Mbeki sê eiendomsreg lê aan die hart van die probleem, aangesien die meeste boere nie hul eie plase besit nie. "Dit kan enige tyd van hulle weggeneem word," het Mbeki gesê.

"Die probleem kan net opgelos word as eienaarskap en politieke aanspreeklikheid gelyktydig aangepak word."

Mbeki - hy is die broer van pres. Thabo Mbeki - het gesê Zimbabwe het 'n groen rewolusie gehad totdat Robert Mugabe dit vernietig het deur plase te onteien.

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET