| Liedjie wat nou speel / pas gespeel het: LIONEL RICHIE : My Destiny |
| Afrika kort 'groen rewolusie' sê Anan |
|
|
|
| Vrydag, 02 Mei 2008 | |
|
Afrika het 'n "groen rewolusie" nodig om sy koskrisis op te los - maar dis moeilk bereikbaar as boere nie sekerheid oor hul eiendom het nie. Die gewese VN-hoof Kofi Anan sê Afrika moet begin om vir sy eie voedselsekerheid te sorg deur sy produksie met twee tot drie keer te verhoog. Maar die Suid-Afrikaanse politieke ontleder en beesboer Moeletsi Mbeki sê eiendomsreg lê aan die hart van die probleem, aangesien die meeste boere nie hul eie plase besit nie. "Dit kan enige tyd van hulle weggeneem word," het Mbeki gesê. "Die probleem kan net opgelos word as eienaarskap en politieke aanspreeklikheid gelyktydig aangepak word." Mbeki - hy is die broer van pres. Thabo Mbeki - het gesê Zimbabwe het 'n groen rewolusie gehad totdat Robert Mugabe dit vernietig het deur plase te onteien. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|











