|
Zim-verkiesings-uitslae weer skynbaar vertraag |
|
|
|
|
Vrydag, 02 Mei 2008 |
|
Politieke waarnemers meen die bekendmaking van die uitslae van Zimbabwe se presidentsverkiesing ná vyf weke verder vertraag sal word weens meningsverskille tussen die verkiesingskommissie en die opposisie Beweging vir Demokratiese Verandering.
Politieke waarnemers meen die bekendmaking van die uitslae van Zimbabwe se presidentsverkiesing ná vyf weke verder vertraag sal word weens meningsverskille tussen die verkiesingskommissie en die opposisie Beweging vir Demokratiese Verandering. ‘n Vergadering tussen die kommissie en verteenwoordigers van die presidentskandidate oor die uitslae is gisteraand verdaag sonder dat daar tot ‘n vergelyk gekom kon word. Dit sou om nege-uur vanoggend weer hervat word. |