| Liedjie wat nou speel / pas gespeel het: DR. VICTOR : I Love To Truck |
| Namibiese kus lewer wrak vol skatte |
|
|
|
| Donderdag, 01 Mei 2008 | |
|
'n Soektog na diamante aan die Namibiese kus het gelei tot die ontdekking van 'n skeepswrak met goue muntstukke, ivoor, kanonne en ander kosbaarhede. Die wrak is waarskynlik 500 jaar oud. 'n Woordvoerder van Namdeb, wie se myners die ontdekking gemaak het, sê dis waarskynlik die oudste wrak wat nog suid van die Sahara gevind is. Dit dateer waarskynlik van die tyd van Vasco de Gama, wat in 1488 om die Kaap geseil het. Duisende goue Portugese en Spaanse munte, ses brons kanonne, meer as 50 olifanttande en piouter-tafelware is op die wrak gevind. Die ontdekking kan van baie groot nasionale en internasionale waarde en Namibië se belangrikste oudhedefonds van die eeu wees. Die diamantsoektog het Nameb genoop om die Atlantiese Oseaan met reuse seemure terug te stoot, wat gelei het tot die ontdekking van die wrak. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|











