|
21 Mense dood sedert verkiesing in Zimbabwe |
|
|
|
|
Donderdag, 01 Mei 2008 |
|
‘n Woordvoerder van die opposisie Beweging vir Demokratiese Verandering die MDC Nelson Chamisa sê 21 mense is sedert die verkiesings op 29 Maart in politiek gemotiveerde geweld in Zimbabwe dood.
‘n Woordvoerder van die opposisie Beweging vir Demokratiese Verandering die MDC Nelson Chamisa sê 21 mense is sedert die verkiesings op 29 Maart in politiek gemotiveerde geweld in Zimbabwe dood. Hy sê die slagoffers was ondersteuners of lede van die MDC. Volgens Chamisa moes meer as vyfduisend families die afgelope paar weke uit hul huise vlug weens aanvalle deur pro-Mugabe milisies. Die Zimbabwiese owerhede het die MDC se aantygings ontken. |