|
Botswana weier watergat vir San |
|
|
|
|
Dinsdag, 22 April 2008 |
|
Botswana se regering weier Kalahari-San toegang tot 'n watergat in wat sommige waarnemers sien as weerwraak teen 'n hofbevel van 2006 wat hulle toelaat om hulle in die Kalahari-wildpark te hervestig. 'n Paar honderd San het na die onteiende gebied teruggekeer, maar moet hul water met vragmotors aanry. Die hofsaak was die langste en duurste in die land se geskiedenis. Botswana se hoëkommissaris in Brittanje, Roy Blackbeard, sê sy regering weerhou die San nie van die watergat nie, maar sal nie hul permanente vestiging toelaat nie. "As jy mense het wat in 'n wildreservaat bly, word die diere uitgedun en afgemaai en is die park nie volhoubaar nie," het hy gesê.
|