| Liedjie wat nou speel / pas gespeel het: LIANIE MAY : Vergeet My Nie |
| Mugabe wys sy opvolger aan |
|
|
|
| Maandag, 21 April 2008 | |
|
Robert Mugabe beplan om binne 18 maande van sy leierskap afstand te doen as hy tot die oorwinnaar in die verkiesing verklaar word. Hy wil egter toesien dat Zanu-PF aan die bewind bly. Hy het reeds sy jarelange vertroueling Emmerson Mnangagwa as sy opvolger aangewys. Mnangagwa was in 1981 hoof van Zimbabwe se gevreesde intelligensiediens toe ongeveer 20 000 lede van die Ndebele-minderheid vermoor is. 'n Woordvoerder van Zanu-PF het aan die Britse Daily Telegraph gesê Mugabe is moeg en wil uittree, en dat Mnangagwa reeds die party bestuur. 'n Vertraging van drie dae in die oortel van stemme in 23 kiesafdelings is gister aangekondig te midde van klagtes dat daar bedrog gepleeg word. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|











