|
Bloedige gevegte in Somalië |
|
|
|
|
Maandag, 21 April 2008 |
|
Bloedige gevegte tussen Ethiopiese troepe en Islamitiese vegters wat probeer om Somalië se onstabiele regering tot 'n val te bring, lei daartoe dat honderde mense besig is om die hoofstad, Mogadisjoe, te voet, per motor en met donkiekarre te verlaat. Die naweek se gevegte het tot die dood van sowat 80 mense gelei. Ethiopiese troepe wat die oorgangsregering ondersteun word daagliks aangeval deur die Islamitiese faksie wat in Desember 2006 uit die kussings gelig is. Hulle word gesteun deur Ethiopië se aartsvyand, Eritrea. Die verarmde land het laas in 1991 'n funksionerende regering gehad, toe krygshere 'n diktator uitgeskop en toe teen mekaar gedraai het.
|