| Liedjie wat nou speel / pas gespeel het: NIEMAND : The Hardest Thing |
| MDC vra hulp in 'oorlogsone' |
|
|
|
| Maandag, 21 April 2008 | |
|
Zimbabwe se MDC-opposisie het hom op internasionale ingryping beroep en gewaarsku dat die land besig is om in 'n "oorlogsone" te verander. Die Mugabe-regime word beskuldig dat hy 'n beleid van "daadwerklike hongersnood" volg deur kosvoorrade af te sny van gebiede wat as opposisievestings bekend is. Die MDC-leier, Morgan Tsvangiray, skuil tans in Suid-Afrika. Hy sê honderde huise is afgebrand en minstens 3 000 gesinne is ontwortel. 'n Menseregtevereniging het in die naweek gesê die regime is besig om "martelkampe" te bedryf, waar ondersteuners van die MDC snags aangerand word. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|











