|
Planne vir die węreld se kragtigste hidro-elektriese dam |
|
|
|
|
Maandag, 21 April 2008 |
|
Volgens SABC vind 'n hoëvlak vergadering in Londen plaas oor planne vir die wêreld se kragtigste hidro-elektriese dam. Verteenwoordigers van sewe Afrika regerings, die wêreld se grootste banke en verskeie konstruksiemaatskappye bespreek planne om die dam in die Demokratiese Republiek van die Kongo te bou. Die plan is deur die Suid-Afrikaanse kragvoorsiener, Eskom, aangedryf. Kenners sê die Inga projek in die DRK kan genoeg skoon energie verwerk om krag aan die hele Afrika en sy bevolking van 500 miljoen mense te verskaf.
|