|
Oortellery van stemme in Zimbabwe |
|
|
|
|
Saterdag, 19 April 2008 |
|
Verkiesingswaarnemers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelings-gemeenskap was teenwoordig toe daar vanoggend in Zimbabwe begin is met die omstrede oortellery van stemme in 23 kiesafdelings. Ofskoon die uitslag van die presidentsverkiesing ná drie weke nog nie bekendgemaak is nie, het die regerende party geëis dat die stemme vir die presidents- en parlementêre verkiesings in dié kiesafdelings oorgetel moet word. Daar word algemeen verwag dat dié stap daartoe sal lei dat president Robert Mugabe se party weer die beheer van die parlement sal terugkry. Politieke waarnemers verwag ook dat die uitslag ná afhandeling van die oortellery gou bekendgemaak sal word
|