Meningsopname

Is jy ten gunste van genadedood?
 
Is Nuwejaarsvoornemens haalbaar?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Zim-beraad soek Makoni as leier PDF Druk E-pos
Sondag, 13 April 2008

Die Zambiese spitsberaad oor die Zimbabwiese krisis se 12 uur lange sitting het uiteengegaan sonder enige definitiewe besluit, behalwe dat daar geen krisis in die land is nie en dat al die partye die uitslag moet aanvaar. Mugabe het nie die beraad bygewoon nie.

The Observer berig dat die leiers van Suider-Afrika Mugabe se gewese minister van finansies, Simba Makona (51), as sy opvolger aanbeveel en wil sien dat 'n eenheidsregering rondom hom gebou word. Makona het volgens skatting 8% van die stemme in die presidentsverkiesing behaal.

Morgan Tsvangiray en sy afvaardiging van die MDC het die beraad verlaat net voordat die leiers met Makoni begin gesels het. Die leiers het ook belowe om waarnemers te stuur as daar 'n opvolgverkiesing gehou word. Die vorige span was gelei deur 'n junior minister van Angola - 'n land wat laas in 1992 verkiesing gehou het.

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET