| Liedjie wat nou speel / pas gespeel het: MELANIE C : Never Be The Same Again |
| Zimbabwiese krisis verdiep |
|
|
|
| Sondag, 13 April 2008 | |
|
Die naverkiesingskrisis in Zimbabwe het verdiep met die aankondiging dat van die stemme in 29 Maart se parlementêre verkiesing oorgetel gaan word. Die Zimbabwiese staatsmedia berig dat stemme in 23 van die 210 kiesafdelings aanstaande Saterdag weer getel gaan word. Dit kan beteken dat ZANU-PF sy meerderheid in die Zimbabwiese parlement kan herwin. Die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, pres. Levy Mwanawasa van Zambië, het by die opening van die noodberaad oor Zimbabwe gesê dit sal verkeerd wees om die gebeure in Zimbabwe te ignoreer. Hy het egter haastig bygevoeg dat die beraad nie belê is om president Robert Mugabe in die beskuldigdebank te plaas nie. Zimbabwiese opposisiegroepe het woedend gereageer op pres. Thabo Mbeki se omstrede opmerking vroeër in Harare ná samesprekings met pres. Mugabe dat daar geen naverkiesingskrisis in Zimbabwe bestaan nie. Mbeki, wat onder skoot gekom het oor sy paaibeleid jeens die Mugabe-regime, het ‘n beroep op mense gedoen om geduldig te wag vir die uitslae van die presidentsverkiesing. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|











